Hoop


Hier is ʼn paar aspekte van hoop wat ons as groep ontdek het:

  • 01. Hoop lei ons van vrees na vrede

    In sy mensheid sou Jesus dieselfde belewenis van angs en vrees gehad het as wat ek en jy vandag het. Hy het immers een van ons geword en onder ons kom woon.  Sy afhanklikheid van en vertroue op die Vader, sy bewustheid van God se teenwoordigheid te midde van alles en sy gehoorsaamheid aan God se wil en sy roeping, het Jesus in staat gestel om van vrees na vrede te beweeg.

  • 02. Hoop lei ons van toe deure na oop vensters

    Partykeer is dit onmoontlik om te weet waarom ʼn deur toegegaan het of wie dit toegemaak het. Ongeag wie of wat vir ʼn toe deur verantwoordelik is, ons kan berusting vind in die waarheid dat die Here die finale sê in ons lewe het.

  • 03. Hoop lei ons van uitgestoot na ingesluit

    Jesus het nie gekyk na dié dinge in Saggeus se lewe wat sleg was nie. Jesus het verby hierdie dinge gekyk en die goeie dinge in sy lewe raakgesien. Jesus het ʼn mens gesien wat Hy innig liefgehad het.

  • 04. Hoop laat ons loof in gebrokenheid

    Paulus se omstandighede was regtig uitsigloos. Die dood was vir hom meer voordelig as die lewe. Hy het ʼn intense verlange beleef om Christus van aangesig tot aangesig te ontmoet. Tog was die dood nie ʼn ontvlugting nie.

  • 05. Hoop maak vyande vreemde vriende

    Jesus wou sy hoorders se grense verskuif. Hulle moes besef dat daar niemand is wat ons nié as ʼn naaste kan beskou of teenoor wie ons nié soos ʼn naaste behoort op te tree nie.

  • 06. Hoop lei ons van onvergenoegdheid na tevredenheid

    Daar is nie ʼn einde aan gierigheid nie, want daar bly altyd nog iets oor om te begeer. Gierigheid veroorsaak dat ʼn mens altyd onvergenoeg leef – veral as die media jou voortdurend herinner dat jy nog nie die beste, die mooiste en die nuutste besit nie. Ware rykdom is tevredenheid. Tevredenheid om te weet: Ons rykdom is in God.

Dit is nie nuwe insigte nie. Dit is die Goeie Nuus wat al meer as 2 000 jaar aan gelowiges hoop gee.

Ons nooi julle om daaroor te gesels, te bid en dit as geloofsgroep saam te leef.

9 Maniere om saam te reis ...

 

PRAAT MET ONS ...

Stuur gerus 'n e-pos aan ons met enige navrae, voorstelle of as meer inligting benodig word.

  • 8 + 24 =