Jesus se dissipelkring was die heel eerste kleingroep wat in dissipelskap gevorm is. Die Here Jesus het ongeveer drie jaar daarin belê om sy leiers op te lei en toe het Hy hulle bemagtig om te gaan doen wat Hy hulle geleer het. Ná die uitstorting van die Heilige Gees het hulle krag van Bo gekry en hulle het uitgegaan en gaan doen wat hulle geleer is.
Belangrik vir gemeenteleiers:
Kontak gerus vir ds Jurgens de Jager (NG Kerk Witrivier, tel 079 292 9545 / 013 751 1824) as jy meer wil weet oor die toerusting van leiers vir omgeegroepe, kleingroepe of selgroepe. Hy sal julle ook kan begelei om ʼn Veldtogspan op te lei om ʼn 40-dae-veldtog suksesvol te beplan, aan te bied en voort te sit.
PREEKRIGLYNE
Die 40-dae-veldtog sluit ook ‘n PREEKREEKS in.
Laai gerus die bondige preekriglyne vir Van wanhoop na hoop hier af.